Poetry Competition: Meer as net ‘n boom

Meer as net ‘n boom

 

Ek wonder soms of jy ook bloei

as pappa so aan jou lote snoei

Voel jy ook die seer?

as mense jou afkap en wegbrand

en ek hul probeer keer

 

Aan soveel gee jy tog lewe

en jou briesende winde,laat

mens wragtig vreeslik bewe

Weet jy ons moet jou eintlik

meer waardeer

en hierdie agies wat jou

afbrand probeer keer

 

Want al is jy maar net ‘n boom

beteken jy soveel meer

My skadu skim in die somer

Briesende windjie tydens die winter

Pragstuk oor die herfs en

mooiheid bo my voetjies in die lente

 

Daarom weet ek nou

‘n blaar is nie net ‘n blaar

en in ‘n mik groei meer as net ‘n tak

want jy swaai my,jy draai my en

jy waai om my…

 

sodat ek nooit mag vergeet

jy’s soveel meer as net ‘n boom

 

Deur Tenita Kidelo

You may also like...

Leave a Reply