Poetry Competition Entry: Stilte

Stilte

 

Ken jy die lower reuk

van ‘n lewende aarde onder jou voete,

daardie reuk van vars ryk grond na die genade van die hemel.

Die reuk van groen as jy tussen die voete van oer oue reuse

deur die geheime van die bos wandel.

Die gevoel van die klam koelte wat tintelend deur jou vel geabsorbeer word en aan jou sintuie raak.

Vind jy die vrede wat jou wese oorweldig

of vind jy net die vrees dat daar iets iewers agter jou wag

verskuil in die donker?

Ek stap tussen die vingers van reuse, hul streel my in my verby gangs met hul sagte groen aanraking, en die lug pols met die lewe van jare,

dit herinner my vandag dat ek tot die aarde behoort,

en dat sy my sal terug neem eendag.

En hulle strek hul blare na die hemele,

daar ver bo die lower groen dak na waar die lewe gewende strale hul voed met die liefde en warmte van ‘n moeder.

Ek soek toenadering tot die growwe aanraking van bas,

ek voel elke barsie en krakie,

elkeen het ‘n storie om te vertel, van voetgangers

op die voet pad wat, oor die jare hulle wandelings tussen die bome gemaak het,

wat gestruikel het oor die wortels

wat diep in geskiednis begrawe is,

vas geanker teen die wind van verandering.

Daar is ‘n geruis van blare

en die geborrel van ‘n kabelende water stroom wat aanloklike liedjies van die lewe sing,

aan die dorstige takke waar stilte woon.

As die dag se hitte eindelik deurdring tot die grond

dan groei daar ‘n slaperig stilte wat tot die voels se sang oorheers.

In ‘n doodse bedompige stilte

is daar niks wat eers die lug sal versteur,

behalwe die diep polsende hart klop

van bome in die sluimerende stilte van die dag.

Wanneer die skemer koelte uiteindelik daal dan is daar weer lewe en beweging van diere en briesies wat met die blare dans totdat die laaste warm sonstraal weg kwyn en plek maak vir die nag.

 

Deur Dragonfly

You may also like...

Leave a Reply