Energie- en tydvretertjies: Slegte gewoontes

.

Ek het agter gekom dat ek skuldig is van een van die grootste energie- en tydvreterjies. Ek is baie groot op my slegte gewoontes. Alhoewel ek weet dat hulle sleg vir my is, hou ek aan na hulle terug gaan. Ek dink aan hulle nou soos kopluise, maak nie saak hoe skoon jou lewe is nie, dit vat net een slegte gewoonte om al jou beste  voornames punt in die wind te laat verdwyn.

Hierdie luise mag dalk klein wees, maar hulle laat jou jeuk so jy is bewus dat iets verkeerd is en dat jy iets daaromtrent moet doen, anders gaan hulle nie weg gaan nie. Net soos jy spesiale sjampoe moet gaan koop vir kopluise en jy dan jou hare met toewyding moet was, so moet jy ook die energie, tyd en moeite insit om van jou slegte gewoontes ontslae te raak.

Slegte gewoontes word deur die norm bepaal en daar is ‘n paar waaroor almal saamstem, soos dat jy gesond moet eet en genoeg oefening doen, maar op ‘n spirituele vlak, hoe gesond is jou gewoontes? Ek het persoonlik gevind dat een van my grootste energie- en tydvreterjie is dat ek nie tyd maak om net stil te word nie. Ek praat nie van meditasie nie, ek praat van stil word en net luister wat die Groot Vader en Moeder vir my te sê het.  Dit klink nie na veel nie, maar die tyd wat ek altyd daaraan spandeer het word nou opgeneem deur klein benullighede soos televisie kyk. Televisie is seker een van my grootste tydvretertjies. Jy hou op dink en konsentreer en, in ‘n mate, leef vir hoe lank jy ookal voor die kassie sit. En dit vat tyd weg van wat eintlik belangrik is.

En tog, is dit nie die kassie alleenlik nie. Ek het myself te verwyt oor die situasie waarin ek myself nou bevind. Die kassie het nie letterlik vir my geknipoog en verlei nie. Erens het ek ‘n besluit gemaak dat ek myself neer gaan plons op die rusbank en nie gaan skuif nie. Wat kyk ek? Eerlikwaar het ek geen idee nie. Ek het nie gunsteling TV programme nie, so ek kyk net wat ookal beskikbaar op daardie stadium is. Dus spandeer ek ‘n goeie halfuur tot ‘n uur voor die kassie op iets wat my glad nie baat op enige vlak nie. Ek vul myself met gemors. En al programeer ek nie rekenaars vir ‘n lewe nie, weet ek dat die beginsel van gemors in, gemors uit toepasbaar op elke faset van ons lewens is. As ek my koppie met gemors vul deur lawwighede te kyk wat my nie verryk nie, waar kom dit uit?

So nou moet ek introspeksie begin doen. Alles wat in moet weer uit, en waar presies kom hierdie twak uit in my lewe? Is dit in my humeurigheid? Is dit in my drome? Is dit in my konsentrasie? Ek steel van myself. Ek steel my eie tyd waar ek dit soveel beter kon spandeer op sielsverrykende aktiwiteite soos om met die Groot Vader en Moeder te praat. Ek is besig om energie in benullighede te pomp tot die nadeel van myself.

So wat doen ek nou? Ek begin met ‘n plan. Ja, ek het ‘n probleem, so hoe gaan ons dit oplos? Ek gaan my slegte gewoontes met goeies vervang. Let wel dat ek nie probeer in daardie sin gebruik het nie. Die oomblik wat jy met jou woordeskat alleen vir jou ‘n gaping laat om te misluk gaan jy in jou huidige gemaksone te bly. In ander woorde, jy maak reeds verskonings om glad nie jou beste te probeer nie. En waar laat dit jou? Presies waar jy begin het. Met kopluise, al het jy die sjampoe gekoop. Hoekom die sjampoe koop as jy dit nie gaan gebruik nie?

Tog is so baie van ons skuldig aan om ons slegte gewoontes, of dit nou fisiese of spirituele gewoontes is, onsself te maklik voor te vergewe en dit te ignoreer, in die hoop dat hulle hulself sal uitsorteer. Soos ons almal weet, is dit nie hoe dit werk nie. So gemaklik soos wat dit ookal mag wees. Soos wat gemors in, gemors uit waar is, so is die teenoorgestelde ook weer waar en toepaslik op elke faset van ons lewens. Kwaliteit in, kwaliteit uit is meer as net ‘n vaagweg droom, dis ‘n realiteit wat ons net moet aanneem en ons eie maak. Dit gaan hand aan hand met verantwoordelikheid. As jy verantwoordelikheid kan neem vir al jou aksies, reaksies, gedagtes, woorde en dade, is jy werklik oppad na meer as net ‘n kwaliteit lewe. Maar dit is net die eerste stap. Daarna moet jy jou aksie plan implementeer.

Dus, besef jy het kopluise, en was jou hare. Jy het hulle in alle waarskynlikheid by iemand anders gekry en dis nie jou skuld nie, maar om niks daaromtrent te doen nie is jou skuld. Selfde met die slegte gewoontes.

Vir wat dit werd is, werk ek nog self daaraan. Ek probeer nog verskillende sjampoes uit om te kyk watter een werk vir my, maar ek probeer, want ek weet dat ek ‘n kwaliteit lewe verdien en dat dit by my begin.

.

You may also like...

5 Responses

  1. Anita says:

    Baie dankie Erebos en Hannette. Ek wens julle sterkte toe met jul eie tydvretertjies.

    Soos jy tereg sê Erebos, is dit ons gewoontes of dade wat eerste kom? In alle geval bepaal dit ons karakter aan die einde van die dag en net ons kan bepaal of ons gelukkig daarmee is of nie, en wat ons dan daaromtrent gaan doen. Soveel vir “the devil made me do it” 😉

  2. Erebos says:

    Ek is mal oor jou “tydvretertjies” konsep .

    “Ons is wat ons herhaaldelik doen.” het Aristoteles geskryf.

    Beteken dit dat ons dade deur ons gewoontes bepaal word? Of word ons gewoontes deur ons dade bepaal?

    Ek het jou artikel baie geniet.

    Dankie

    🙂

  3. Hannette says:

    Briljant,ek het dit baie geniet.

  1. Apr 10, 2012

    … [Trackback]…

    […] Read More: penton.co.za/?p=1464 […]…

  2. May 8, 2012

    […] Penton » Energie- en tydvretertjies: Slegte gewoontes1 Nov 2011 … Slegte gewoontes word deur die norm bepaal en daar is ‘n paar waaroor almal saamstem, soos dat jy gesond moet eet en genoeg oefening … […]

Leave a Reply