In Lig en Liefde
COLLEEN MOLLENTZE. Ek is ‘n Pagan huweliksbeampte of “religious marriage officer” geregistreer onder SAPRA se vaandel. Een van die eerste dinge wat paartjies my vra is hoekom ek ‘n huweliksbeampte geword het. Ek het ‘n fantastiese, unieke, spontane Las Vegas-styl troue gehad. Ek wou graag vir ander Pagans en gay paartjies dit moontlik maak om hulle dag te kan hê soos hulle dit wil hê, met dit wat vir hulle betekenisvol is, sonder voorskrif of sensuur. Ek het reeds meer as veertig troues gedoen en ek is bly en trots om te kan sê dat nie een ‘n vervelige, konvensionele troue was nie.