Category: Anita Blackrose

Energie- en tydvretertjies: Slegte gewoontes

ANITA BLACKROSE. Ek het agter gekom dat ek skuldig is van een van die grootste energie- en tydvreterjies. Ek is baie groot op my slegte gewoontes. Alhoewel ek weet dat hulle sleg vir my is, hou ek aan na hulle terug gaan. Ek dink aan hulle nou soos kopluise, maak nie saak hoe skoon jou lewe is nie, dit vat net een slegte gewoonte om al jou beste voornames punt in die wind te laat verdwyn. Hierdie luise mag dalk klein wees, maar hulle laat jou jeuk so jy is bewus dat iets verkeerd is en dat jy iets daaromtrent moet doen, anders gaan hulle nie weg gaan nie. Net soos jy spesiale sjampoe moet gaan koop vir kopluise en jy dan jou hare met toewyding moet was, so moet jy ook die energie, tyd en moeite insit om van jou slegte gewoontes ontslae te raak.

Verloor, verlies, verlos

ANITA BLACKROSE. Ek het in die laaste paar weke verloor. Gewig – en dit is fantasties vir ‘n meisie wat haar troue beplan en ‘n skepping wil dra, ‘n boetie – wat my hart gebreek, en ‘n geveg – in die hoop op ‘n verhouding met oop en earlike kommunikasie. Al drie het seer gemaak en was moeilik op hul eie manier. Tog het al drie vrede aan my siel gebring op hul eie, en obskure, manier.

Kaste

ANITA BLACKROSE. Diskriminasie is ‘n baie lelike ding, want dit fokus net op een aspek van jou menswees, nie jou as geheel nie, en dus probeer baie van ons dit vermy om uit die besemkas te kom, op jou besem met jou aangeplakte vraatjie op jou neus (net vir effek, natuurlik), omdat dit jou jou werk of verhoging kan kos. Dan sluit ons mos belangrike dele van onsself, en party mensies hul hele menswees, in ‘n kas weg om daar in die donker stof te vergader, sonder om hulself ooit aan enige iemand bloot te stel.

Die Engelse Faktor

ANITA BLACKROSE. My kwessie begin met Afrikaanse paganisme. Ons, as pagane, maak nie saak watter tradisie ons volg nie, kry al ons inligting, veral in die begin, uit boeke wat in – drie raaie – Engels geskryf is. Waarheen het my moedertaal verdwyn? Ek is sekerlik nie die eerste Afrikaanse pagaan of heiden nie?