Poetry Competition Entry: Kom Somer

Kom Somer

Ek mis al jou geure
En ek mis jou kleure –
Die malsheid van blomme oral…

Die groen van bome
Langs blink waterstrome –
Eekhorings wat baljaar…

Die gezoem van bye
Groen lande se reguit rye –
Wagtend op gulsige stropers…

Die blink Môredou
Wat my laat onthou
Hoe ‘n Rooi Roos ruik
Wat begin ontluik

Ek mis die hartklop
Van Somer-Natuur
As die Son in die Weste
Gloei soos Vuur

Ek mis veral die sterre
Hoog bo in die verte
Soos diamante op swart fluweel…

Die roep van ‘n Uil
Wat droewig huil
Op soek na ‘n middernag-happie…

Die varsheid van reën
Is ons Moeder se seën –
Kom Somer, ek wag op jou…

 

Deur Antoinette Keyser

You may also like...