Hekseketel – Colleen Mollentze
Frats van die Vrystaat
COLLEEN MOLLENTZE. Soos sommige van julle weet, het ek onlangs na ‘n klein dorpie in die Vrystaat getrek. Alhoewel ek hier gebore is (wel in Tempe buite Bloemfontein om presies te wees), het ek nog nooit vandat ek oud genoeg is om iets te onthou hier gewoon nie. Ek het 18 jaar in Pretoria gewoon en daarna vir 6 in Johannesburg, so ek het nou maar teen wil en dank ‘n stadsjapie geword. Ek is redelik seker dat dit nogal ‘n ondervinding gaan wees. Read the rest of this entry »
Die Reg om Nee te Sê
COLLEEN MOLLENTZE. Ek lees in die laaste tyd baie oor verkragting, seksuele aanranding en die “Oorlog teen Vroue” in Amerika. Ek weet nie of julle die verkiesing sirkus daar volg nie, maar as julle doen weet julle reeds van Rep Todd Akin se moroniese bewerings dat die liggame van vroue wat “werklik” verkrag is, ‘n manier het om swangerskap te verhoed, en dat dieselfde Akin en die vise-presidensiële kandidaat, Paul Ryan, die herdefiniëring van verkragting as gewelddadige verkragting of “forcible rape” steun. (Die logiese gevolgtrekking is dat verkragting waarin geweld nie gebruik is nie maar waar dwelms, dreigemente of die status bv. Ouderdom van die slagoffer ‘n rolgespeel het, nie“werklik”verkragting is nie). Ek het ook ‘n artikel gelees waarin die skrywer vra of die seksuele mishandeling wat sy ondervind het, verkragting is. Read the rest of this entry »
Hallo Wêreld, of, Welkom by die Hekseketel
COLLEEN MOLLENTZE. Ek gaan nie in Alcoholics Anonymous-styl alles oor my kinderjare vertel nie maar wil tog graag 'n bietjie agtergrond gee. Vir die afgelope 15 jaar self-identifiseer ek as sekulere Pagan en Witch, en is my hoofdoel om 'n regte, egte outydse wysevrou of dan nou heks te word. Vir my moet 'n wysevrou ietsie van alles weet en met alles kan help. Sy moet weet van genesing en kruie, tuinmaak, geboorte en kinders grootmaak, en gesonde kos; kan help met huiswerk, weet hoe om naaldwerk te doen en 'n huis op te knap, 'n seer hart kan ligter maak, goed kan luister, en soms net lekker saamskinder of giggel oor die snaakse ou lewe. As deel van my pad het ek sielkunde gestudeer, ‘n Pagan huweliksbeampte geword, geleer van diëetkunde en kruie, ensomeer, en ek werk daaraan om nog soveel as moontlik te leer. Read the rest of this entry »



